Facebook My Links
Die item wat ek op my facebook blad geplaas het, is deur Isabel Allende en dis 3 jaar oud. Hoe is dit moontlik dat ons nou eers daarvan bewus raak? Is dit omdat die soort praatjies verswyg word? Is dit omdat sy die waarheid praat? Wat is fout met ons almal, ons vroue wat klets in ons sitkamers en kombuise? Hoekom maak ons nie soos sy sê en staan op van ons fannies en rol ons moue op en gaan plant ook bome en sny rapists se tools uit hulle lywe nie? Hoekom maak ONS nie elke dag in ons eie omgewing die wêreld 'n goeie plek deur net te doen wat moontlik is nie - hoe klein ook al? Elke goeie daad, is soos een enkel kersie wat in 'n stikdonker kamer aangesteek word: lig tot in al die hoekies van die kamer.
Ek weet nie hoe en wat nie, maar enige iemand met idees kan my kontak, want saam kan ons 'n verskil maak Mag my woorde harte bereik wat omgee en hande wat kan werk en ore wat hoor en monde wat sal praat
Isabel Allende het my al jare lank betower met haar stories, nou inspireer sy my tot meer.
Ek hoop ook vir almal wat hier lees.
(volg asseblief die link na facebook - ek weet nog nie hoe om dit op my blog te plaas nie ☺)
Abonneren op:
Reacties posten (Atom)
Geen opmerkingen:
Een reactie posten